Leesplanne

14 gratis Afrikaanse Bybelleesplanne van I LOVE MY BIBLE in die YouVersion Bybeltoep. Elke deel neem sewe dae, een tema per week, en volg die boek WEES ’n WENNER.

Elke plan neem jou dag vir dag deur ’n tema, met ’n vers, die Bybelgedeelte waaroor dit gaan en ’n kort gebed. Jy lees dit in die YouVersion Bybeltoep — dit kos niks en jy hoef nie te registreer om te begin nie.

  • Deel 1

    Kies!

    Welkom by die wegspring van die "race" van die res van jou lewe! In deel 1 van ons reeks van 52 dele, gebaseer op die boek WEES 'n WENNER, kry jy al klaar 'n reuse "opportunity". Elke dag maak ons keuses – klein en groot. Maar daar is een "choice" wat alles verander: of jy God gaan kies of nie. Jesus "explain" hoe die Woord van God in ons harte kan land. Ons kyk na vier jongmense wat elkeen anders kies. Wanneer ons God kies, begin 'n nuwe, "amazing" lewe. Lekker lees!

  • Deel 2

    Jou Wedstryd

    "Yes", jy kan ook in die "A-team" van die lewe speel! Hierdie 7-dagleesplan gebruik die beeld van sport om jou geestelike "journey" te verduidelik. Jy ontdek dat God jou gekies het, Hy is jou coach en kaptein, en Hy maak jou 'n wenner. Deur vasbyt, geloof en die “J-factor” leer jy om "challenges" te oorkom. Selfs ná foute is daar hoop en herstel. Die leesplan help jou om eerlik te kyk na waar jy staan en met "passion", sweet en "joy" by die wenstreep uit te kom. Kom, wees 'n "genuine" wenner "for life"!

  • Deel 3

    Jou Identity

    Wie is ek rêrig? Wow, dis 'n "serious" groot vraag. Hierdie 7-dagleesplan gaan jou help "discover" wat jou ware "identity" is. Jy sal sien dat geld, goeters en "image" nie jou waarde en identiteit uitmaak nie. Wat saak maak, is wat vir God tel, en dit is jou hart. Hy het jou "amazing" gemaak en met 'n wonderlike "purpose". Hy het jou ontsettend lief en sien jou "great" "potential" ─ sy kind wat al sy/haar talente en "values" uitleef vir 'n gelukkige lewe van geloof en omgee. Hierdie leesplan-reeks is gebaseer op die boek WEES ’n WENNER.

  • Deel 4

    Jy Is Spesiaal Gemaak

    Jy is spesiaal, "hand made" en "amazing"! God het jou as die kroon van sy skepping gemaak — en met ’n doel. Hy ken jou "inside-out", het jou wonderlik gevorm en wil hê jy moet totaal gelukkig wees in Hom. Jy is gemaak om te kan, om 'n kosbare mens te wees en deel van sy familie wat tot sy eer leef. Kyk hoe jou lewe unieke waarde kry, besondere "meaning" en ’n groter doel in Hom. Hierdie 7-dagleesplan is gebaseer op deel 4 uit die boek WEES ’n WENNER.

  • Deel 5

    Liefde

    Die boodskap van die Bybel en ons geloof gaan oor één woord – liefde. God se liefde verander lewens—dit bring vergifnis, hoop en nuwe "identity". Hy het sy Seun gegee uit "amazing", onmeetbare liefde, en Jesus het vir óns "gesuffer". Ons wys óns liefde vir God deur ander lief te hê, selfs dié wat anders is. Sy liefde vergewe altyd en is altyd by ons—dit maak ons sterk en wenners. Hierdie 7-dagleesplan is gebaseer op deel 5 uit die boek WEES ’n WENNER.

  • Deel 6

    Wie is God?

    Daar is Een oor wie alles, maar alles, gaan. God, natuurlik. Hy is doer ver bo ons verstand, so daarom probeer ons in nederigheid ‘n paar menslike antwoorde gee van wie Hy is … met ‘n hele klompie verrassings. Ons kyk na God as onder andere die "amazing" Skepper, die wonderlike Koning, die regverdige Regter, die onbeskryflike Vader en die EEN wat die middelpunt van absoluut alles is … ook jou hele lewe, nou en in die "future". Hierdie leesplan-reeks is gebaseer op die boek, WEES 'n WENNER. Lekker lees!

  • Deel 7

    Wie is Jesus?

    In die vorige deel van die leesplan-reeks, WEES ‘n WENNER, het ons gekyk na wie is God. Nou gesels ons oor die mees "amazing" en "influential" mens wat al ooit geleef het. Ja, wonderlike, onbegryplike, liefdevolle Jesus. Hy was die "super" Onderwyser, die "Miracle Maker", Leier en Koning … en natuurlik die "Hero" van God se plan om elkeen van ons te red van ons sondes en "sometime" vir ewig met Hom te wees. Lekker lees!

  • Deel 8

    Die Bybel

    Het jy geweet daar is al meer as 7 miljard Bybels en Bybelgedeeltes versprei, in nie minder nie as 2,500 tale. Dis lekker om in deel 8 van die leesplan-reeks, WEES ‘N WENNER, te gesels oor die wonderlike "manual" van jou lewe, die Bybel. Dis God se "love letter" aan jou wat jou leer hoe jy moet leef en Hom dien. Kom ontdek soveel interessante dinge oor die Bybel en hoe dit elke dag die lig op jou pad kan word.

  • Deel 9

    Gebed

    Dis ons lewenslyn na ons Pappa in die hemel wat ons enige tyd en enige plek kan gebruik. Dis ook een van ons heel belangrikste voorregte as 'n gelowige. Jip, dis GEBED. As jy ook partykeer 'n bietjie onseker voel hoe om te bid, kry jy hier "super" praktiese "tips". Gebed is deel van jou asemhaling as gelowige, so mag hierdie leesplan jou sommer baie help. Lekker lees!

  • Deel 10

    ‘n Lewe volgens God se wil

    Ons kan alles van enigiets weet, maar as ons nie weet wat God se wil vir ons lewens is nie, mis ons juis dit wat die belangrikste in ons bestaan is. Dit sluit in die groot vrae: Hoekom jy hier is en wát nou eintlik God se wil is. Jy gaan die vreugde ontdek om sy planne vir jou lewe te volg en die besef dat dit in die eerste plek oor Hom en sy onbeskryflike liefde gaan. As jy "close" aan Hom bly, gaan jy sy wil elke dag agterkom en dit deur sy krag kan uitleef.

  • Deel 11

    Die Kruis

    Dit was die grootste klompie gebeure in die geskiedenis van die mens, indien nie die heel grootste nie … Jesus se dood, opstanding en hemelvaart. En dis verseker die grootste "happening" in die lewe van elkeen van ons. Want as ons Jesus se swaarkry, sterwe en "amazing" oorwinning oor die dood glo, beteken dit ook óns opstanding. Hoe verstaan ‘n mens dit als? Kom ontdek en beleef weer Jesus se onbeskryflike liefde vir jou.

  • Deel 12

    Dankie!

    Ons Vader het ons 'n lieflike, kosbare geskenk gegee wat ons nuut gaan "discover" ... dankie is darem een van die mooiste woorde, wie ons ook al is. Ons kyk in hierdie leesplan hoe ons Pappa ons "expect" om in dankbaarheid te leef ... vir sy onbeskryflike skepping waarin ons bestaan, my super "amazing" liggaam, ook swaarkry, om Hom te mag aanbid en vir ‘n lewe van "meaning" in Hom. Kom ontdek ook daai "blessings" waarvoor ons ons dankies vergeet.

  • Deel 13

    Nuut

    Nuwe goeters is darem maar lekker en "exciting"! Die Een wat natuurlik die meeste van nuwe dinge hou, is God, Hy wat alles gemaak het en elke dag daarmee aanhou. Maar dis eintlik ons en ons lewens wat Hy splinternuut wil maak om ons voor te berei vir die dag wanneer Hy alles gaan nuut maak. Kan nie wag nie! Kom ervaar hoe die woordjie "nuut" jou gaan aanraak soos jy jou nooit kon indink nie. Lekker lees!

  • Deel 14

    Die Here is my Herder

    Ons gesels oor daai Bybelgedeelte wat baie van ons se "favourite" is. Ja, Psalm 23. Ons lees en hoor dit so baie, maar verstaan ons regtig al Dawid se wonderlike woorde? Ons lees dit vers vir vers om te kyk of ons kan uitkom by die ware betekenis wat hy bedoel het. Hier wag ‘n klompie lekker "surprises" op jou en die betekenis wat dit op jou lewe het. "Enjoy!"