Welkom by I LOVE MY BIBLE

’n Inisiatief wat in 2014 in die Kaapse Skiereiland geloods is om minder-bevoorregte mense van Bybels en Christelike leesstof te voorsien, sodat lewens vir ewig verander kan word deur God se krag.

Volg ons in die Bybeltoep (open in ’n nuwe venster)

Omslag van die boek WEES ’n WENNER — jou race na geluk en meaning

WEES ’n WENNER!

Het jy geweet jy is ’n WENNER, sommer in hoofletters!? … jip, ’n CHAMPION! Die Een wat so sê, is Hy wat jou en die hele universe gemaak het — God.

WEES ’n WENNER werk in temas van een week (7 dae) vir ’n volle jaar. Elke dag het ’n special vers, die stukkie in die Bybel waaroor dit gaan, en ’n kort gebed. Dit is ’n projek van I LOVE MY BIBLE.

Leesplanne

Volg ons leesplanne gratis in die Bybeltoep. Elke plan neem jou dag vir dag deur ’n tema.

  • Deel 2

    Jou Wedstryd

    "Yes", jy kan ook in die "A-team" van die lewe speel! Hierdie 7-dagleesplan gebruik die beeld van sport om jou geestelike "journey" te verduidelik. Jy ontdek dat God jou gekies het, Hy is jou coach en kaptein, en Hy maak jou 'n wenner. Deur vasbyt, geloof en die “J-factor” leer jy om "challenges" te oorkom. Selfs ná foute is daar hoop en herstel. Die leesplan help jou om eerlik te kyk na waar jy staan en met "passion", sweet en "joy" by die wenstreep uit te kom. Kom, wees 'n "genuine" wenner "for life"!

  • Deel 3

    Jou Identity

    Wie is ek rêrig? Wow, dis 'n "serious" groot vraag. Hierdie 7-dagleesplan gaan jou help "discover" wat jou ware "identity" is. Jy sal sien dat geld, goeters en "image" nie jou waarde en identiteit uitmaak nie. Wat saak maak, is wat vir God tel, en dit is jou hart. Hy het jou "amazing" gemaak en met 'n wonderlike "purpose". Hy het jou ontsettend lief en sien jou "great" "potential" ─ sy kind wat al sy/haar talente en "values" uitleef vir 'n gelukkige lewe van geloof en omgee. Hierdie leesplan-reeks is gebaseer op die boek WEES ’n WENNER.

  • Deel 4

    Jy Is Spesiaal Gemaak

    Jy is spesiaal, "hand made" en "amazing"! God het jou as die kroon van sy skepping gemaak — en met ’n doel. Hy ken jou "inside-out", het jou wonderlik gevorm en wil hê jy moet totaal gelukkig wees in Hom. Jy is gemaak om te kan, om 'n kosbare mens te wees en deel van sy familie wat tot sy eer leef. Kyk hoe jou lewe unieke waarde kry, besondere "meaning" en ’n groter doel in Hom. Hierdie 7-dagleesplan is gebaseer op deel 4 uit die boek WEES ’n WENNER.

  • Deel 5

    Liefde

    Die boodskap van die Bybel en ons geloof gaan oor één woord – liefde. God se liefde verander lewens—dit bring vergifnis, hoop en nuwe "identity". Hy het sy Seun gegee uit "amazing", onmeetbare liefde, en Jesus het vir óns "gesuffer". Ons wys óns liefde vir God deur ander lief te hê, selfs dié wat anders is. Sy liefde vergewe altyd en is altyd by ons—dit maak ons sterk en wenners. Hierdie 7-dagleesplan is gebaseer op deel 5 uit die boek WEES ’n WENNER.

  • Deel 6

    Wie is God?

    Daar is Een oor wie alles, maar alles, gaan. God, natuurlik. Hy is doer ver bo ons verstand, so daarom probeer ons in nederigheid ‘n paar menslike antwoorde gee van wie Hy is … met ‘n hele klompie verrassings. Ons kyk na God as onder andere die "amazing" Skepper, die wonderlike Koning, die regverdige Regter, die onbeskryflike Vader en die EEN wat die middelpunt van absoluut alles is … ook jou hele lewe, nou en in die "future". Hierdie leesplan-reeks is gebaseer op die boek, WEES 'n WENNER. Lekker lees!

  • Deel 7

    Wie is Jesus?

    In die vorige deel van die leesplan-reeks, WEES ‘n WENNER, het ons gekyk na wie is God. Nou gesels ons oor die mees "amazing" en "influential" mens wat al ooit geleef het. Ja, wonderlike, onbegryplike, liefdevolle Jesus. Hy was die "super" Onderwyser, die "Miracle Maker", Leier en Koning … en natuurlik die "Hero" van God se plan om elkeen van ons te red van ons sondes en "sometime" vir ewig met Hom te wees. Lekker lees!

  • Deel 8

    Die Bybel

    Het jy geweet daar is al meer as 7 miljard Bybels en Bybelgedeeltes versprei, in nie minder nie as 2,500 tale. Dis lekker om in deel 8 van die leesplan-reeks, WEES ‘N WENNER, te gesels oor die wonderlike "manual" van jou lewe, die Bybel. Dis God se "love letter" aan jou wat jou leer hoe jy moet leef en Hom dien. Kom ontdek soveel interessante dinge oor die Bybel en hoe dit elke dag die lig op jou pad kan word.

Vir meer inligting, kontak André de Villiers by andre.dev7@gmail.com.